|
Dr
Johann Lemmer het die boek oor Adv Barbie geskryf wat pas (einde
September 2011) in Pretoria vrygestel is. As dokumentêre biografie is
dit 'n letterkundige werk wat 'n helder lig op die saak werp.
Dit
is 'n ware verhaal van misdaad, seksuele geweld en magsmisbruik. Die
slagoffers vertel in hul eie woorde (of getuienis) wat regtig gebeur
het. Talle nuwe feite wat nooit in die sensasionele hofsaak aan die
publiek openbaar is nie, kom aan die lig.
Dr. Johann Lemmer
met sy detail kennis en intense betrokkenheid by die saak en sy intieme
kennis van Cezanne se boek moet gelees word. Die boek sal jou intrek en
meesleur, jou opvattings uitdaag en jou bewus maak van seksuele
roofdiere. DIe boek sal jou toerus om jouself en jou geliefdes teen
seksuele misdadigers te beskerm.
Soos in ’n drama het elke
karakter ’n rol. Op ’n aangrypende wyse ontvou die drama. Die twee
hoofrolspelers is Dirk Prinsloo en Cezanne Visser. Prinsloo is van die
eerste oomblik af die man in beheer. Hy draai almal pynlik om sy
pinkie. Hy hiet en gebied en sy wil geskied. Cezanne was vir hom ’n
heerlike teiken. Hy was die pottebakker en sy die klei. Hy het haar
(mis)vorm na sy beeld en gelykenis. Sy het geword wat sy nie is nie:
klei in sy hande en hy het met haar gedoen wat hy wou. Hy het haar
veral op seksuele gebied misbruik, misvorm en haar vir sy nare
doeleindes gebruik.
"Johann Lemmer slaag uitmuntend daarin
om die tragiese drama van mense lewens te beskryf. Hy gee ook ’n
ewewigtige beeld van die verloop en die afloop van die hofsaak. Met
empatie en deernis maak hy ouers en jongmense se oë oop vir mense soos
Dirk Prinsloo". Cas Vos (Teoloog en Digter)
Cezanne Visser en Susan Lemmer rakende Adv Barbie Boek deur Johann
Lemmer:
"Johann, hierdie boek is die stille getuienis van wat werklik met
Cezanne gebeur het. Jou moed en harde werk is aangrypend en in die
kol. Jy slaag daarin om die gebeure wat oor n tydperk van 10 jaar
strek weer te gee in 162 bladsye. Jy is eerlik, opreg en
professioneel. Uitstekende Boek. Susan en Cezanne.
“Johann,
ek het die boek die naweek gelees en ek moet noem dat dit n totale
ander perspektief gee oor wat ons in die media lees. Ek dink dis n boek
wat gebalanseerd geskryf is. Dis maklik vir mense om te veroordeel.
Die boek is n MOET vir elke ouer, sielkundige en “geestelikes” Die
donkerhede van die mens se psige is nogal scary.”
|